TOERJOERNAAL RUSLAND
FANIE EN BARBARA SCHOONEES
JUNIE 2014
Hoofstuk 2 Geografie en Geskiedenis
van Rusland
INLEIDING
Dit is vir my
altyd belangrik om iets te wete te kom van ’n land wat ons besoek. Rusland met die mistiek daarom, het die
belangstelling intens geprikkel.
Binne die term
“Rusland” bestaan daar deur die geskiedenis deurgaans ’n atmosfeer van
misterie. Dit is nie net dat die land in
die afgelope eeu bykans deurgaans agter ’n “ystergordyn” was nie, maar ook die
geïsoleerdheid en uitgestrektheid van die land en die feit dat mens niks van
Rusland in die skool geleer het nie.
Gedurende die toer is daar op 2 aande videos
oor die TV’s in die kajuite uitgesaai met titel: “History of the Tsars”. Dit was aangrypend, maar die feite het so
vinnig verbygerol dat mens nie mooi kon byhou nie. Terug in die land het ek na hierdie video’s
gesoek. Ons dogter, Salome, het dit toe
op die internet vir my raakgeloop.
Verder was ek
aangewese op die internet waar mens ongelooflik baie inligting tot in fyn besonderhede
deur tallose internetskakels (“hyperlinks”) kry. In enkele boeke het ek ook inligting bekom.
Dit was nogal
nie so maklik om al hierdie inligting te sinkroniseer nie. Mens kan nie anders as om af te lei dat elke
stukkie geskiedenis ook maar 2 kante het.
Dit hang net af wie die geskiedenis skryf! Soms is die geskiedenis ook so vêrgesog dat
mens nie anders kan om mistiek of selfs mites daarin te lees nie. Soms word die mites en legendes in die
geskiedenis uitgewys, maar andere lyk darem baie na feëverhale.
Deur alles heen
kan ek nie daarop aanspraak maak dat my feite altyd korrek is nie. Ek is oop vir oortuiging en regwysinge. Nogtans kan ek nie anders as om aan te beveel
om hierdie hoofstuk deur te lees nie.
Dit gee ’n prentjie van die sinistere geskiedenis van hierdie land van
mistiek en misterie (dalk histerie!).
GEOGRAFIE VAN RUSLAND
Rusland is ’n
land van groot riviere, uitgestrekte vlaktes en ondeurdringbare bosse. Die klimaat wissel van ysige koue in die
noorde waar dit vir ongeveer 5 maande in die winter toegesneeu is, tot
skroeiende hitte in woestynstreke in die suide-ooste. Daartussen mag daar heerlike weer en
uitgestrekte grasvelde wees. Ons wat in
die begin van Junie daar was, het heerlike somerweer ondervind.
Die ganse land
sovêr ons dit gesien het, is bebos. Die
bome is hoofsaaklik blykbaar jonk en die stamme dun. Dit het my opgeval dat ons omtrent nêrens ou
dik bome gesien het nie.
Dit het ons ook
opgeval dat daar te midde van grasvelde daar geen beste op die veld te sien is
nie. Ek het hoeveel maal vir Thys gesê
dat ons hier darem ’n lekker beesboerdery aan die gang sal kry. Dan vra ons net onsself die vraag af wat ons
in die winter in die sneeu met die diere gaan maak. Dan sien ons maar, soos die Russe, van die
plan af.
Rusland of dan
wel die deel waardeur ons getoer het, is baie plat. Moskou is 162 meter bo seespieël en is
ongeveer 900 kilometer van St Petersburg af, nagenoeg 1000 kilometer van die
Swart See af.
Daar loop ’n
sneltrein tussen Moskou en St Petersburg wat die afstand in 3 ure aflê. Dit behoort dan teen ongeveer 300 km/h te
loop. Daar is ook gewone treine wat
oornag die afstand aflê. As mens die
tydsverloop op die lughawens en dit reistyd na die lughawens in ag neem, is dit
by verre die moeite werd om per trein te reis wat jou van middestad tot
middestad neem.
Daar is talle
groot riviere en baie water in die land.
Talle kanale is ook tussen rivier gegrawe. Die grootste riviere waarop
ons gevaar het, is die: Moskou-, Volga-,
Sheksna-, Svir- en Neva-riviere. Die
eerste 3 loop suid na die Kaspiese See (en die Swart See), en die ander 2 loop noord-wes
na die Baltiese See. Die ander 2 groot
riviere wat ook suidwaarts na die Swart See loop, is die Dnieper- en die
Don-rivier.
Die grootste
rivier is die Volga. Dit het hoofsaaklik
twee takke: Die een vanuit die weste het
sy oorsprong uit die vlaktes noord-wes van Moskou. Die ander tak (en veel groter tak) kom uit
die noorde en ook uit die suidelike dele van die Urals-Gebergte wat die grens
met Siberië is en waarskynlik ook die grens tussen die kontinente, Europa en
Asië. Hierdie berge is sowat 1350 km oos
van Moskou en 1580 km oos van St Petersburg.
Dit gee mens ’n idee van die geweldige opvanggebied van hierdie rivier.
Die
Moskou-rivier loop in die Volga-rivier en die Volga loop hoofsaaklik en van
nature in die Kaspiese See. Die Kaspiese
See is 29 meter onder seespieël, maar die soutgehalte is nie abnormaal hoog
nie.
Die Volga-rivier
word by Volgagrad, by koördinaat N48°
30.370 E44° 42.100, op hoogte van -9
meter (onder seespieël) per kanaal verbind met die Don-rivier wat in die Swart
See uitmond by N48° 37.469 E43° 32.080. Die ontmoetingspunt tussen die kanaal en die
rivier is op hoogte 76 meter bo seespieël.
Die afstand reguit deur vanaf die Volga na die Don is 76 km. Die afstand tussen Volgagrad en die Swart See
is ongeveer 424 km.
Die kanaal loop
eers vir 13 km suid en dan vir nog ongeveer 10 km wes waar dit dan op hoogte
van 76 meter bo seespieël in die bolope van ’n sytak van die Don-rivier
inloop. Talle sluise beheer ook hier die
hoogte van die bote om oor die heuwel te kom.
Dit is nie aan
my bekend hoe oud hierdie kanaal is nie, maar Tsaar Peter the Great (1725) het
dit reeds in die 17de eeu bedink en waarskynlik geïmplementeer om see-toegang
tot die Swart See te kry.
Slaan gerus
hierdie koördinate op Google Earth na om hierdie interessante stelsel te besigtig. Daar is ook talle foto’s beskikbaar. Jy sal voel of jy self daar was!
Geniet dit!
VROEË GESKIEDENIS VAN RUSLAND.
So uiteenlopend
as wat die geografie van die land is, so bestaan die bevolking deur die eeue uit
’n verskeidenheid van volkere wat woon in die bosse en woude, vlaktes, berge en
woestyne van hierdie meestal waterryke streek.
Elke dorpie en gemeenskap het maar probeer om ’n gelukkige bestaan te voer.
Die landsgrense
het gegroei en gekrimp ooreenkomstig verowerings en verliese in oorloë.
Weens die
uitgestrektheid van die land weet ek ook
nie of die verskillende volke altyd van die mekaar geweet het, wat hul
omstandighede is, en wie hulle regeer nie.
Die Rurik-Dinastie 862 – 1598
Die
Rurik-familie is een van die oudste en grootste koninklike families in die
Europese geskiedenis. Hulle heers van 862nC
– 1598nC
Die eerste
Monarg van Rusland wat ek kon vind, is Rurik Novgorod wat regeer vanaf 862 – 879. Van hom af, tel ek 112 monarge of konings of
tsaars tot 1917. In die tyd van die USSR
sedert 1917, tel ek 13 amptelike leiers van die USSR, van wie sommige ook
president genoem is.
Die vroeëre
leiers word monarge genoem. Moontlik is
hulle as konings beskou. Hulle
afstammelinge het hulle opgevolg, of hulle het self hul opvolgers aangewys.
Onder die
bekende name van die leiers in die vroegste eeue, is: Igor 879 – 945, Vladimir 978 – 1015, Rurik Novgorod, Igor, Yaroslav
the Wise 1019 – 1054. Yaroslav se 4
seuns het elk ook in die 11de eeu as monarge regeer.
Die legende lui
dat Prins Yaroslav in die jaar 1010 in die Volga afgevaar het. Hy merk toe op dat daar by die sameloop van
die Volga en die Kotorsol-rivier, ’n stam woon wat die skeepsvaart op die
rivier met rooftogte bedreig. Hy sê die
stam toe die stryd aan.
Die stam laat
toe hul natuurlike beskermer, ’n beer, op die aanvaller los. Yaroslav durf die beer met ’n byl aan en kap
die byl in sy kop. Die stam het hulself
toe vrywillig aan die prins onderwerp en Yaroslav vestig toe daar die
christen-gefundeerde dorp wat later die stad, Yaroslavl, word.
Die land is van
die vroeë geskiedenis af ’n redelik geslote land. Die ondeurdringbaarheid van die bosse en
uiterste weer het dit blykbaar nie vir mense nie baie aantreklik gemaak om hier
te woon nie.
Die Vikings
In die tweede
helfte van die 9de eeu begin die Vikings om ’n kortpad te vind na Konstantinopel
en die Arabiese Skiereiland. Hulle
gebruik nl. die 3 groot riviere van Rusland, nl. die Dnieper-, Don- en
Volga-riviere om deur die gebied te vaar.
Die grootste en
bekendste stad in daardie tyd was Kiev aan die Dnieper-rivier. Die Vikings kom dus in direkte kontak en
konfrontasie met die Russe.
Prins Vlademir van Kiev
In die 10de eeu
kom daar prins Vladimir in Kiev aan bewind.
Vladimir bestuur
die bevolking onder 3 uiteenlopende godsdienste. Hy moet ’n besluit maak tussen Judaïsme, Mohammedanisme
en die Christen-Katolieke. In
Konstantinopel kom hy in aanraking met die Christen-Ortodokse Kerk. Hy kom daar tot bekering in die
christendom. Hy beskou homself as God se
agent op aarde. Hy beveel sy volgelinge
om hul tot die christendom te laat doop, of anders sal sy wraak hulle tref.
Ná Vladimir se
dood neem sy 2 seuns die leisels oor. Die
2 broers tree ongelukkig in kompetisie en in stryd met mekaar. Die 2de seun vermoor sy broer terwyl hy in
die kerkgebou besig is om te bid.
Die Mongole Tartare “Golden Hordes”
In die suidelike
dele wat meer aantreklik was, het veglustige perderuiters uit Sentraal-Asië (Mongolië) voortdurend rooftogte hier
uitgevoer. Die Mongoolse magte word
versterk deur soldate uit Turkye.
Hierdie magte word genoem: “The Golden Hordes” of te wel die “Tartare”.
Hulle val die
land in 1237 in met ’n leër van tot 100 000 man op perde. Hulle het die oorlogskuns vanaf ’n perd
vervolmaak. Hulle moor dorpe en stede se
bewoners uit. Binne 3 jaar oorheers hulle
omtrent die hele Rusland. In die loop
van 1000 jaar in die geskiedenis kon alleenlik die Mongole dit regkry.
Die
bevaarbaarheid van die riviere het die land vir hulle toeganklik gemaak. In die eeue voordat motoriese aandrywing
beskikbaar was, is bote getrek deur mense, die sogenaamde “peasants”, wat soos
diere op die oewer ingespan is en hulle het dan die bote van die kant van die
rivier getrek! Die “peasants” was ’n
werkersklas-mens wat vir die boere hande-arbeid gedoen het.
“Peasants” trek ’n boot op ’n rivier
Novgorod, suid
van huidige St Petersburg, en Kiev,
tans hoofstad van die Ukraine, was die 2 groot stede vanuit die 10de eeu. Hierdie stede het ontstaan uit handel van die
Viking-invallers, die “Varangians”.
Novgorod was onder die invloed van die Pole en die Lithuanians en het
assulks Rooms-Katolieke geword. Kiev in
die suide het sterk handelsbande met Konstantinopel gehad en as sodanig onder
die Grieks-Ortodokse kerk gekom. Die
streke is vandag nog grotendeels kerklik so verdeel.
Die land was ook
nog nie saamgestel soos dit vandag is nie.
Gaandeweg is dele deur oorloë by die land gevoeg en ook soms weer
verloor. Op dié manier het dit gebeur
dat die land meer as een leier gehad het.
Dit kon ook gebeur as gevolg van die uitgestrektheid van die gebied en
die stadige kommunikasie tussen gemeenskappe.
In 1240 verower
die Tartare vir Kiev. Die boodskap word
aan die inwoner oorgedra, dat, as hulle oorgee, sal hulle vergewe word. As hulle hul verset, sal hulle wreed gestraf
word. Kiev besluit om weerstand te bied
en die stad word met die grond gelykgemaak.
So begin die Mongoolse oorheersing van Rusland wat vir 2½eeue duur.
Die Mongole het
nie daarin belang gestel om die land te regeer of om daar te bly nie, maar net
om belasting deur die owerhede van die land te verkry.
Die Tartare trek
verder deur die land. Al die stede en
dorpe was nie so dwaas om die magtige Mongole en met hul oorwegend Turkse
soldate te weerstaan nie.
’n Sekere prins onderwerp
hom aan die Tartare. Hy stap onder hulle
in en begin om hul perde kos te gee.
Hulle aanvaar hom. Hy betaal
hulle ’n bedrag geld om ’n prins te mag bly en as regerende prins onderdanig
aan die Mongole oor sy volk te heers. Hy
tree as hul agent op om die belasting vir die Mongole in te vorder. Hy word genoem die “Grand Prince of Valdemar”.
Die Tartare
verdeel die land in twee, om die Russe se mag te breek sodat hulle nie in
opstand kan kom nie.
Die Tartare
onderwerp die land aan die heerskappy van die Khan van Mongolië. Hulle onderwerp die bevolking aan jaarlikse
belasting. Hierdie oorheersing duur vir
2½ eeue. Die Mongole stel nie daarin
belang om die land te regeer nie. Hulle
wil net deel van die oes hê in die vorm van belasting.
Daar is een stad
waar die leiers daarin slaag om die goeie gesindheid van die Mongole te verkry
en dit is Moskou. Die stad is maar
nagenoeg 100 jaar oud.
Dit is nie vir
my duidelik of die “Grand Prince of Valdemar” dalk van Moskou was nie.
Moskou groei
egter in hierdie tyd in mense-getalle en in ekonomie. Die bewoners van Moskou word die “Muscovites”
genoem. Namate Moskou en omgewing
ekonomies sterker word, word dit ook die melkkoei van die Mongole.
Ivan I tref in
1325 ’n ooreenkoms met die Mongoolse oorheersers om as belastinggaarder vir
hulle op te tree in Moskou en omgewing.
Dit gee hom die bynaam van “Taxman”
en “Money Bag”.
In Moskou word
’n weerstandsmag van 50 000 man opgebou.
In 1380 begin ’n verwoede oorlog onder leiding van Prins Dimitri teen
die Mongoolse oorheersing. Tienduisende
Russe en Tartare sneuwel. Die Don-rivier
se water is rooi gekleur van die bloed. Dimitri word verwond, maar oorleef. Die veldslag is deur die Russe gewen, maar dit
was maar net die begin van ’n stryd wat nog 100 jaar sou duur.
Ivan III bou in
dié tyd ook die Russiese leër op. In
1480 weier hy om die belasting aan die Mongole te oorhandig. Hy skeur die skuldbrief van die Mongoolse
afvaardiging op en verklaar so oorlog teen hulle.
Ivan III skeur die belastingaanslag van die Mongole op
in 1480
Ivan III behaal
die oorwinning en verdryf die Mongoolse magte “finaal”. Die mag van die Mongole in die huidige
oorheersing oor die land, is gebreek. Die
land word om die tsaar, Ivan III, verenig en Moskou word die onbetwiste
hoofstad van Rusland.
Ivan III kry
argitekte van Italië in en bou Moskou op tot ’n “heilige” stad wat die sentrum
van die Ortodokse Kerk word. Hy vergroot
die Kremlin en versier dit met19 wagtorings in die muur.
GESKIEDENIS VAN DIE RUSSIES-ORTODOKSE KERK
In geen land ter
wêreld was die kerk só nou met die staat gebind as in Rusland nie. Dit laat ’n droewe beeld van die kerk. In geen land was die staatshoof so betrokke
by die regering van die kerk nie.
Die embleem van
die land met die arend en sy 2 koppe, met die swaard en die kruis in sy pote,
toon hierdie verhouding ook duidelik.
Embleem van Rusland
Die twee groot
setels van die kerk in die Middeleeue was in Rome en Konstantinopel. In 1453 het die Turke Konstantinopel verower
en dit die hoofstad van die Ottomaanse Ryk gemaak. Hiermee is die Bisantynse Staatskerk verslaan
en die sentrum van die Ortodokse Kerk na Moskou verskuif. En in Rusland, wat nou ’n politieke en
ekonomiese groeitydperk beleef, brei die Ortodokse Kerk in gelyke mate uit.
Die uitbreiding
van die christendom in die Russiese Ryk gaan nou hand aan hand met die
nasionale oplewing. So word die christelike
en nasionale ideale spoedig met mekaar vermeng.
Dit maak van Rusland ’n geïntegreerde christelike land.
Die godsdiens in
die land is meer op die praktiese uitlewing van die geloof as die
dogmaties-teologiese gegrond. Die
liturgie staan neutraal in die kerk. Dit
verklaar ook waarom die Hervorming met sy klem op die regverdigmaking deur die
geloof in Jesus Christus, nie eintlik invloed op die Ortodokse kerk het
nie. Die geografiese geskeidenheid speel
natuurlik ook ’n rol.
In die tweede
helfte van die sewentiende eeu kom daar ’n hervorming binne die Russiese Kerk
en dit bestaan uitsluitlik in die hervorming van die liturgie. Hierdie vernuwing was so ingrypend dat ’n
groep van die “konserwatiewes” wat nie met die vernuwing kon saamgaan nie, afsplinter.
Op een tydstip
kom daar wel tekens van invloed van die Hervorming voor. Dit gebeur deur kontak van die Patriarg van
Konstantinopel, Cyrillus Lukaris (1572 – 1638) met die Protestantisme in sy
studente-dae in Italië. Die kontak wat
hy ook gehad het met Nederlandse en Engelse gesante in Konstantinopel, het hom
in kontak en korrespondensie met teoloë in Genève gebring.
Hierdie invloede
van die Gereformeerde wêreld gee daartoe aanleiding dat die belydenisskrifte
van die Hervorming in Grieks en Latyn vertaal word. Dit het die teenstand van Rome en die sultan
ontlok en het dalk daartoe aanleiding gegee tot Cyrillus se gewelddadige dood
deur verwurging.
Tsaar Alexander
I en Nicolas I begeer in die 19de eeu ’n verenigde Russies e ryk met een taal
en een kerk. Die tsaar se denke domineer
die kerk. Die kerk word geïsoleer van
invloed uit die weste.
Dit is veral die
kerkleiers wat deur die tsaar ingetrek word in die luukse en weelderige
lewe. En dit terwyl die priesterdom en
die volk in die grootste ellende en armoede leef. In die hart van die kerk bestaan daar egter
deurgaans ’n lewende geloofsgemeenskap wat die hart van die evangelie voortdra.
Wat vir óns
belangrik was, is dat Rusland ’n geïntegreerde christelike georiënteerde land
was. Die kommunisme met sy ateïstiese
inslag het hieraan sekerlik ’n ernstige knou gegee. Ons kon weens ons beperkte kommunikasie met
die plaaslike bevolking en natuurlik die taalprobleem nie agterkom hoe
christelik die algemene bevolking is nie.
In die kerke wat ons besoek het, was daar net toeriste en ons het geen
gemeentelike aktiwiteite in die kerke ondervind nie. Die uitsondering was die kerkgebou in
Yaroslavl waar “’n jong “dominee” of “priester” (en sy vrou?) opgedaag het en
hardop bepaalde religieuse prosedures deurgegaan het. Daar was klaarblyklik geen gemeentelede
teenwoordig nie, maar dit het hulle nie gepla in die uitoefening van hul liturgie
nie.
Dit is vir ons
tog wonderlik dat daar soveel christelike terme in die name van kerke en ander
plekke ingebou is en assulks in die terminologie van die Russe voorkom. Voorbeelde hiervan is die name van kerkgeboue
soos onder andere “Cathedral of Christ our Savior”, “Church of Our Savior on
the Spilled Blood”, die “Resurrection Gate” aan die Rooiplein, en ook die
benaming van St Petersburg wat verwys na die apostel, Petrus wat deur die
Roomse kerk as “heilige” verklaar is.
St Petersburg se
eerste naam was Pedrograd, vernoem na Peter I.
Daarna word die stad genoem, St Petersburg, genoem na die apostel,
Petrus. Ná Lenin se tyd word die stad na
hom vernoem, nl. Leningrad. En
uiteindelik gaan die naam terug na die vernoeming van die apostel, Petrus, nl.
St Petersburg.
Dit is vir ons
verder wonderlik dat die kerkgeboue wat weens soveel oorloë beskadig is, wel
met groot koste en moeite tot hul eertydse glorie herstel is. Was daar ’n religieuse motief, of was bloot
die kulturele erfenis op die spel?
“Cathedral of Christ the Savior” in die middestad van
Moskou sedert 1990 gerestoureer
Die “Cathedral
of Christ the Savior” is in die 18de eeu gebou.
Dit is in 1931 deur Joseph Stalin afgebreek. Die katedraal is sedert 1990 weer herbou.
Die deurwag in
die Cathedral of Christ our Savior in Moskou met wie ek wel in ’n kort gesprek
betrokke was, het klaarblyklik geen begrip van die beginsels van die leer van
Jesus nie.
Hoe dit ook al
sy, is Rusland die land met ’n ernstig christelike verlede, wat ons gebede
nodig het vir die herstel van die christelike geloof in die harte van sy mense
sodat hulle die troos en vreugde van die verlossing in Christus nie sal mis nie.
Uit die boek van
Günther Wegener, vertaal as: “Die
Lewende Kerk”, vind ek egter ’n breër prentjie:
In 1961 sluit
die Russies Ortodokse Kerk hom, na eeue lange terugtrekking en afsondering, by
die Wêreldraad van Kerke aan. Dit is in
die hooggety van Kommunisme. Die wêreld
was verstom dat die kerk in Rusland so lewend is en voortbestaan. Die Russiese Kommunistiese Staat het tog
nooit twyfel gelaat dat dit ’n ateïstiese grondslag het. Die nuus het tog die wêreld vol getrek van
die kommunistiese vervolging van christene en die kerk. Die Bolsjewistiese Party was uitgesproke
daaroor dat dit geen kerk wil hê nie.
Ten spyte daarvan het hy die christelike gemeentes vryheid van godsdienstige
handelinge veroorloof. Hulle kon mense
tog nie verbied om te glo, en die Here te dien nie.
Die verskil kom
daarin dat die staat slegs liturgiese godsdienstige handelinge toegelaat het,
maar elke vorm van kerklike openbare arbeid, diakonale dienswerk, opvoedkundige
en kulturele werksaamhede was verbode.
Dit sluit eventueel die verbod op sendingwerk en Bybelverspreiding
in. En dit is wat die wêreld as
godsdienstige vervolging en onderdrukking beleef het, want dit raak die
essensie van die kerk.
Die Russies
Ortodokse Kerk het hierdie beperkinge egter nie so intens beleef nie, want
hulle is meer ingesteld op die liturgie en aanbidding in die kerk. Wegener stel dit dat dit bewonderenswaardig
is dat die gemeentes in Rusland “innerlike lewendigheid behou het”, hoewel alle
moontlikheid hulle ontneem is om hul invloed na buite te laat geld. Niemand kon hulle verbied om te glo, die Here
te dien en te bid.
Daarom was daar
volgens Wegener in 1965, toe die boek gepubliseer is, “sowat 150 miljoen
christene in Rusland. Die Russiese kerk
is ryk, nie net aan innerlike lewe nie, maar ook aan stoflike goedere.”
Hoe dit nou
vandag gesteld is, is ’n ander vraag.
GESKIEDENIS VAN DIE STAARS
Aan die einde
van die Middeleeue groei daar ’n magtige nasie in die weste van Europa en oos
van Asië in die streek wat later as Rusland identifiseer.
Die leiers het
mekaar soos in ’n monargie opgevolg. Dit
is gewoonlik die seun wat die vader opvolg, of die vader wys iemand as sy
opvolger aan.
Die uitstaande
of bekendste van hierdie ry van leiers is Ivan
die Verskriklike wat die land in chaos dompel; en dan die held wat die land
optel uit die ordinêre na die superieure, Peter
die Grote.
Ivan die
Verskriklike is Ivan IV wat regeer van 1533 tot 1547. Peter die Grote, is Peter the Great, of Peter
I, en regeer vanaf 1682 tot 1725. Ivan
die Verskriklike laat die land in chaos, terwyl Peter die Grote die land tot
die hoogte ophef.
Die naam wat
herhaaldelik in hierdie ry van leiers voorkom, is die Ivans.
Ivan I 1332
– 1340
Ivan II 1353
– 1359
Ivan III
(Ivan The Great) 1462 – 1505 Oorlede 1505
Ivan IV
(Ivan die Verskriklike) 1547 – 1584 Het 8 vroue gehad.
Ivan V 1682
– 1689
Ivan VI (’n
Baba) 1740 – 1741 Gebore 1740 Oorlede 1764 weens mesdood tydens ontsnapping
Ivan IV se ouers,
Basil, was eers kinderloos. Hulle het in
die Klooster van Kirillov, die “Kirillov Belozersky Monastery”, om ’n seun gaan
bid. Toe hulle na ’n tyd wel ’n seun
ontvang, skenk die vader ’n groot bedrag geld aan die klooster waarmee die kerk
in die klooster gebou is.
Ivan die Grote
Ivan III, ook
genoem as “Ivan the Great”, of “The Grand Prince of Moscow”, of ook “The Grand
Prince of all Russia”. Hy is op 22
January 1440 in Moskou gebore en sterf in Moskou op 27 October 1505.
Ivan III
Hy het in sy tyd
die grondgebied van Rusland verdriedubbel.
Hy het die dominansie van die “Golden Hordes” van Mongolië begin bestry
deur die belastingbrief van die Khan van Mongolië op te skeur.
Woedende Mongole voor Ivan III wat die belastingbrief
van die Khan opskeur
Ivan III staan
ook bekend as die man wat sy eerste vrou in ’n konvent laat toesluit het omdat
sy nie vir hom ’n kind kon bring nie.
Toe hy weer trou, verdoem die kerk hom met vervloeking dat hy deur ’n
swakkeling opgevolg sal word, dat trane in die stede sal vloei, dat bloed op
die vlaktes sal loop en dat stede verwoes sal word.
Hierdie
professie van die patriarg van die Ortodokse Kerk het klaarblyklik in
vervulling getree toe sy kleinseun, Ivan
IV, optree. Die nag toe hy gebore is,
het ’n donderstorm met weerligstrale die Kremlin geteister.
Ivan III het die
Kremlin herstel en die grondslag gelê van die Russiese Staat. Hy was ook een van die persone wat die
langste in Rusland regeer het.
In die 15de eeu
tree Ivan III as leier op en dryf die Pole en Lithuanians terug en verower so
Novgorod en sy provinsie as Russiese gebied.
In 1453 val
Konstantinopel in die hande van die Turkse Moslems. Ivan III beskou homself as die erfgenaam van
oostelike Romeinse Ryk. Die Oosterse
Ortodokse Kerk verskuif na Moskou. Hy
word daarmee ’n persoon soos die keiser wat in Russies vertaal, die tsaar is.
Ivan III neem
ook die embleem van die gevalle Bisantynse owerheid oor. Die embleem bestaan uit ’n arend met twee
koppe, wat die kerk en die staat voorstel.
Die simboliek van die embleem is absolute outoriteit. Ivan verklaar dit as sy persoonlike embleem.
Russiese embleem
Ivan neem ook
vir hom ’n vrou uit die koningshuis van die Bisantynse keiser (Khan) en dus ook
koninklike bloed uit die Romeinse Ryk.
Ivan kry
argitekte uit Rome om die Kremlin te omskep in ’n sakrale christelike
heiligdom. Die omvang van die muur om
die Kremlin word ook vergroot en met 19 torings versier.
{Sien Google
onder die soeknaam: “Ivan III of Russia}
Ivan die Verskriklike
Die nag toe hy in
1530 gebore is, het ’n donderstorm met weerligstrale die Kremlin
geteister. Die legende lui verder dat
daar aangekondig is dat ’n monster gebore is en dat die baba reeds 2 tande het! Met die een sou hy die Russe verorber en met die
ander die Mongole.
In 1547 kom Ivan
IV aan bewind. Hy word later bekend as
Ivan die Verskriklike (Terrible). Hy noem homself: Tsaar.
Hy word genoem: die eerste Tsaar.
Dit is die
moeite werd om by hierdie man stil te staan.
Hy was ’n onstabiele, wrede man wat vermoedelik aan veelvuldige
sielkundige afwykings gely het. Hy staan
bekend as : “The most evil man in
history.”
Kyk hoe het hy
volgens ’n skildery gelyk :
Ivan die Verskriklike
Ivan is gebore
op 25 Augustus 1530. Sy vader, Basil III,
sterf toe hy 3 jaar oud is. Sy moeder
tree as regent op. In die stryd om
heerskappy terwyl hy nog klein is, word daar nagenoeg 14 moorde in die Kremlin
gepleeg, waarvan die kind, Ivan, van sommige ooggetuie was. Dit mos ’n geweldige indruk om die kind
gemaak het, wat ’n duidelike merk op sy wrede karaktereienskappe gelaat
het.
Sy moeder sterf
toe hy 8 jaar oud is. Lede van die
adelstand maak hom groot, waarskynlik in die Moskou Kremlin.
As kind verdink
hy mense dat hulle sy ma vermoor het.
As kind speel hy
graag met diere maar is baie wreed met diere.
Hy gooi vir sy vermaak honde vanuit die kerktoring.
Hy was maar 13
jaar oud toe hy tydens ’n Kersete aan tafel aankondig dat hy ’n sekere familie
uitsonder vir verraad. Hy stel dit aan
die familie dat een van hulle uitgesonder sal word vir wraak. Toe ’n sekere prins Andre (die van kan ek nie
op die video uitmaak nie) uit daardie familie in die Kremlin stap, gee Ivan aan
die hondewagter bevel om die veghonde los te laat. Die honde het Andre toe verskeur.
In 1547 word Ivan
IV op 17-jarige ouderdom as leier gekroon.
Hy noem homself ’n tsaar, wat vertaal kan word as keiser. Dit is ’n titel wat sy oupa soms vir homself
toegedig het. Dit is die begin van die
Tsaardom.
Rusland beslaan
toe reeds ’n oppervlak van 1 miljoen vierkante myle. Dit is meer as 2 maal die grootte van
Engeland, Frankryk en Spanje saam.
Hy stel hom ten
doel:
1. Om die Mongoolse hordes wat die land weer begin stroop
het, te beveg.
2. Om toegang te verkry tot die Baltiese See en die Swart
See.
Hy skep die
eerste Russiese Geheime Polisie.
Hy brei se land
se grondgebied uit na die weste en die ooste.
Hy verower Siberië en lyf dit by Rusland in.
Hy verower die
land van Kazan en brei die landuit tot aan die kus van die Kaspiese See. Om hierdie verowering te gedenk, laat bou hy
’n katedraal op die suidelike kant van die Rooiplein en vernoem dit na sy
vader, Basil: “St Basil’s Cathedral”.
Ivan se
heerskappy was op ’n hoogtepunt. Sy mag
is gerespekteer deur die Pole, Turke, Duitsers en selfs tot in Engeland.
Sy eerste vrou was Anastasia met wie hy in1547 op 17 jaar ouderdom trou in die jaar
dat hy gekroon is. Hulle het 6 kinders
gehad. Hy was klaarblyklik baie gelukkig
met haar getroud. In hierdie tyd was
daar geen teregstelling in die land nie.
Dit was die beste deel van sy regeringstyd.
Toe Anastasia op
30 sterf, glo Ivan dat sy vermoor is. Hy
laat ’n paar verdagtes martel en selfs teregstel.
Toe die stad en
provinsie van Novgorod kom in opstand.
Ivan slaan toe en dood nagenoeg 15 000 mense: manne, vroue en kinders.
Die argitek van
die St Basils Cathedral slaan hy met blindheid.
Volgens ’n
historikus het hy in sy lewe 10 000e van 10 000e mense doodgemaak.
Ivan stel
homself later aan as hoof van die kerk.
Hy stel streng maatreël vir die gedrag van monnike en nonne in. Hul moet 3:00 in die oggend opstaan en hul
godsdienstige verpligtinge nakom. Hy
neem self deel aan die oggend-mis.
Smiddae besoek hy die ondergrondse gevangenis en voer martelinge en
teregstellings uit.
Ivan glo
deurgaans dat hy in die Naam van God optree.
By geleentheid
het hy sy’s eie skoondogter so geslaan dat sy ’n miskraam gekry het.
In sy eie stad
en land ondervind hy egter gedugte teenstand.
In 1564 breek Ivan se top generaal, Andre Koersky (so klink die van op die video), weg uit die
leër. Hy skryf ’n brief aan Ivan. Hy beskuldig hom daarvan dat hy dié monarg is
wat ’n geseënde van God was, maar nou korrup is tot in die diepste van sy
wese. Hy vra hom waarom hy die
lewenskragtige soldate in sy weermag wat deur God aan hom gegee is, misbruik en
vermoor.
Andre se brief
het Ivan se wraak tot die breekpunt gebring.
Hy verval in ’n diep depressie.
Hy dreig om te abdikeer. In die
winter van 1664 verlaat hy Moskou. Die
volk vrees dat hulle leierloos sal onder gaan.
Die “Muscovites” gaan pleit by hom om terug te keer. Hy voldoen aan hul versoek op voorwaarde dat
hy absolute mag verkry. Almal is aan hom
verslag verskuldig. Alle mag setel
voortaan in die tsaar.
Ivan word ’n
maghebber wat geen kritiek verdra nie.
Hy ontaard in ’n gruwelik-wrede mens.
Hy vee sy teenstanders voor hom weg.
Met sy terugkeer
in Moskou draai hy teen sy adviseurs, vroeëre bondgenote, sy ou vriende en
families met wie hy saam grootgeword het.
Hy vertrou nou niemand nie. Hy
stop baie van hulle in die tronk, martel hulle en stel van hulle tereg. Die gesegde ontstaan dat hoe nader jy aan die
tsaar was, hoe nader is jy nou aan jou dood.
Dit is hier dat hy die naam “Ivan die Verskriklike” verkry.
Twee dae ná sy
terugkeer in die stad laat bou Ivan 17 galge op die Rooiplein en stel 300 mense
tereg voor die St Basils Cathedral.
Almal wat hy verdink het wat teen hom weerstand gebied het; edel mense,
enigeen, selfs priesters, word tereggestel; opgehang of onthoof.
Hy vermoor selfs
die familie van sy vyande, want hy wil nie hê dat daar iemand moet wees wat vir
die gestorwenes in die doderyk moet kan bid nie (sic)! Daardeur verhef hy homself tot God.
Hy stig ook “Men
in Black”. Hulle was 300 uitgesoekte
manne wat in swart geklee is met swart gesigsdoekie. Hulle ry op swart perde. Hy stuur hulle deur die land waar hulle met mag
en mening sy wil op die bevolking afdwing.
Hulle tree op in die styl van die Spaanse Inkwisisie. Hulle is betrokke by talle martelinge en
doodslag.
Ivan ontwikkel
’n besondere voorliefde vir marteling en ontwerp nuwe maniere van teregstelling
met die woorde: Hy het byvoorbeeld vir
monnike wat tereggestel is, gesê; “You
want to be like the angels? Well, here
you go!” Ander maniere van foltering tot
die dood toe wil ek liewer nie hier noem nie.
Vir 8 jare voer
Ivan oorlog teen sy eie mense. Toe vyande
van buite opdaag, is die land nie sterk genoeg om na buite te veg nie.
In 1571 val die
Tartare die land uit die suid-ooste in.
Hulle bereik Moskou en brand die stad in 3 dae af. 60 000 mense sterf op een dag. Ivan kom bietjie tot sy sinne en trek die
“Men in Black” terug. Dit is egter te
laat. Die land is tussen 50 en 60%
ontvolk.
Ivan se
heerskappy was egter nog nie geblus nie.
Hy maak selfs ’n huweliksvoorstel aan ’n Maria aan die koninklike hof
van Engeland om sodoende koninklike bloed in sy nageslag te versterk. Hy het egter geen ambisie nodig om ’n
troonopvolger daar te stel nie, want hy maak staat op sy geliefde oudste seun
by Anastasia. Sy oudste seun het sy pa
se drang na kennis en mag, en selfs sy wreedheid gedeel. Hulle was geesgenote.
In November 1581
was Ivan bitter ongelukkig oor sy seun se keuse van ’n vrou en dié vrou se
gedrag teenoor Ivan. Die seun het
hieroor met sy pa gepraat. Ivan was so blind
van woede dat hy sy geliefde seun en potensiële opvolger met sy ysterstaaf
doodgeslaan het.
As godsdienstige
man het hy telkens vir die moorde wat hy gepleeg het, in die “Cathedral of the
Archangel” vergifnis gaan vra het. So
het hy dit ook oor sy seun gedoen. In
daardie katedraal het ons die bieghokkie gesien van Ivan IV. Dit was groter as die ander tsaars se
bieghokkies. Ons gids het met die tong
in die kies gesê dat dit groter is omdat hy meer sonde gehad het om te bely.
Teen die einde
van sy lewe lei die diep depressie en paranoia hom om by hekse en waarsêers
hulp en raad te soek. Hulle voorspel sy
dood vir 18 Maart 1584. Hy sterf op 54
jarige ouderdom, waarskynlik aan beroerte kort voor middernag op 18 Maart 1584 terwyl
hy skaak speel.
Ivan IV het
Rusland omskep vanaf ’n koninkryk na ’n ryk (“Empire”). Die land verval nou leierloos in chaos. Nou lê “Time of Trouble” vir Rusland
voor. Die land is in chaos. Mense het nie kos om te eet nie. Daar breek self kannibalisme uit.
Ivan word
begrawe in die “Cathedral of the Archangel” in die Moskou Kremlin. In 1963 is sy liggaam opgegrawe en is daar
afwykinge in sy rugwerwels gevind.
Ivan laat Moskou
en Rusland in administratiewe en ekonomiese chaos agter. Hy het wel die landsgrense uitgebrei, maar
die land verdeel en verswak.
Ivan se seun,
Feodor, volg hom in1584 op. Hy het ’n
groot taak om die land weer op te bou maar is, weens gestremdheid, hoegenaamd
nie daartoe in staat nie. Eintlik sou
Peter the Great dit eers 100 jaar later regkry.
Ivan die Verskriklike se 8 vroue (Tsarisas)
1.
Anastasia: Soos reeds gemeld was Ivan se eerste vrou
Anastasia. Hy trou met haar op 17
jaar-ouderdom. Sy het 6 kinders
gehad. Hy was klaarblyklik baie gelukkig
met haar getroud. Toe Anastasia op 30
sterf, glo Ivan dat sy vermoor is. Hy
laat ’n paar verdagtes martel en selfs teregstel.
2.
Maria: Sy was ’n Moslem-meisie. Ivan trou in 1561 met haar oor haar skoonheid;
’n jaar na Anastasia se dood Toe hy haar
beter leer ken, hou hy nie meer van haar nie.
Die volk het haar gehaat. Sy was
ook ’n slegte stiefma vir Ivan se seuns.
Sy sterf op 25. Ivan vermoed dat
sy vergiftig is. Hy martel
verdagtes. Die volk het egter vermoed
dat dit Ivan self is wat haar vergiftig het.
3.
Marfa: Sy was een van 12
finaliste in die kompetisie om met Ivan te trou. Sy was die dogter van ’n handelaar. Sy sterf egter ’n paar dae na die troue. Anastasia se broer verdink Ivan dat hy haar
vergiftig het.
4.
Anna Kotovskaya: Die kerk was teen hierdie
huwelik gekant, omdat dit reeds Ivan se 4de huwelik was. Die huwelik was kinderloos. Twee jaar na die troue promoveer Ivan sy vrou
na ’n klooster om daar vir die res van haar lewe as non te dien. Sy het uiteindelik langer as Ivan geleef.
5.
Anna Vasichikova: Drie jaar na die vorige
huwelik, trou Ivan in 1575 met nog ’n
Anna, weereens teen die kerk se seën. Sy
word na 2 jaar se kinderlose huwelik ook na ’n klooster gestuur. Hier sterf sy na ’n tyd gewelddadig;
vermoedelik deur Ivan se toedoen.
6.
Vasilika: Sy was die weduwee van ’n prins wat in
’n oorlog gedood is. Sy was baie mooi en
goedgeaard. ’n Paar maande na die
huwelik vind Ivan uit dat sy aan hom ontrou is.
Haar minnaar was ’n prins. Hy is
voor haar oë deurboor. Ivan het haar
lewend begrawe.
7.
Maria Dolgorukaya: Ivan trou in 1580 met hierdie Maria. Sy word ook ontrou bevind. Ivan het haar verdrink.
8.
Maria Nagaja: Ivan trou in 1581 met hierdie Maria. Sy word die moeder van Ivan se seun,
Dimitri. Na Ivan se dood in 1584, word
sy verban en vlug sy met die seun na die dorp, Uglich, langs die Volga. Dimitri was blykbaar die laaste nageslag van
die Rurik-familie. Hy was dus baie
kosbaar vir die voortbestaan van die Rurik-Dinastie. Sy steek die seun weg by die huis in die Uglich-Kremlin
wat sy verkry het. Hy word egter opgespoor. In die tuin van die huis langs die rivier word
hy in 1591 op 9 jarige ouderdom wreedaardig vermoor. Sy moeder snel hom te hulp en probeer om die
bloed uit die wond aan sy keel stuit. Hy
sterf in haar arms. Later word sy
daarvan beskuldig dat dit haar nalatigheid was dat Dimitri vermoor is. Toe daar later ’n valse Dimitri in 1605 uit
Pole na vore kom en verklaar dat dit toe nie hy is wat vermoor is nie, en
aanspraak op die troon maak, word Maria geforseer om die Pseudo-Dimitri as haar
seun te identifiseer. Na hierdie
Pseudo-Dimitri, wat Dimitri I geword het, dood is, erken sy dat sy onder dwang
’n vals verklaring afgelê het.
Die laaste Ruriks en die eerste tsaars
Eers vanaf 1547 word die leiers Tsaar genoem. Ivan IV, bekend as “Ivan die Verskriklike”,
was nog ’n afstammeling van die Ruriks.
Hy het homself “Tsaar” genoem.
“Tsaar” is blykbaar die Russiese woord vir “Keiser”.
Die eerste tsaars is soos volg: (Dit is interessasnt om op te let op watter (jeugdige)
ouderdom hulle gekroon is en op watter (vroeë) ouderdom hulle sterf.)
NAAM REGEER GEBORE STERF MANIER VAN
STERF
Ivan IV, die Verskriklike 1547 – 1584 1530 1584 Beroerte
Feodor I 1584
– 1598 1598 Gestremd
Hier eindig die Rurik Dinastie
TIME OF TROUBLE Pseudo-Dimitri’s
Tussen 1598 en
1610 het 6 persone as tsaar ageer, maar almal het gesterf na ’n kortstondige
heerskappy. In hierdie tyd het die
Tartare die land weer van die suid-ooste ingeval en die Swede van die
noord-weste. So-ook die Pole uit die weste. In 1610 bereik die Pole Moskou en neem die
stad in.
Die patriarg van
die Ortodokse Kerk tree as pleitbesorger by die volk op. Binne 2 jaar word Moskou van die Pole
ontset. Die volk besef dat hulle ’n
dringende behoefte aan ’n tsaar het.
0ooo0000ooo0
Ná die moord op
die 9-jarige Dimitri, seun van Ivan die Verskriklike, in 1591 in Uglich, kom
daar drie persone uit Pole wat beweer dat die verkeerde “Dimitri” in Uglich
vermoor is, en dat hy die ware
Dimitri is wat ontkom het en in Pole gaan skuil het.
Pseudo-Dimitri I: Hy slaag daarin om die Russe te oortuig en bestyg die
troon as tsaar vanaf 21 Julie 1605 tot 17 Mei 1606. Hy word egter binne ’n jaar ontmasker. Dit word bevind dat hy in die geheim ’n
aanval van Pole op Moskou orkestreer. Hy
probeer om deur ’n venster te ontsnap.
In die proses breek hy sy been.
Hy word deur ’n soldaat doodgeskiet.
Sy lyk word op die Rooiplein uitgestal. Daarna word sy lyk verbrand. In ’n simboliese daad word sy as in die loop
van ’n kanon se loop geplaas en in die rigting van Pole afgevuur.
Pseudo-Dimitri II ’n Tweede vals Dimitri daag
uit Pole op. Wonderbaarlik kry hy dit
ook reg om die Russe van sy identiteit as die ware Dimitri te oortuig. Hy heers as tsaar vanaf 20 Julie 1607 tot 11
Desember 1610. Toe word hy ook
ontmasker. Hy word met ’n pistool
doodgeskiet. Daarna word sy kop en hande
met ’n swaard afgesny.
Pseudo-Dimitri III Ongelooflik genoeg daag ’n
derde “Dimitri” uit Pole op. Hy kry dit
ook reg om die Russe van sy identiteit te oortuig. Hy heers vir 10 maande as tsaar vanaf 28
Augustus 1611 tot Julie 1612. Hy word
ontmasker en tereggestel
Blykbaar het die
Russe so na hierdie “Dimitri’s” gegryp omdat dit hul laaste hoop was op die
voortsetting van die Rurik-Dinastie. Dit
is een van die redes waarom dit “The Time of Trouble” genoem is.
Die
Pseudo-Dimitri’s word as een van die Russiese raaisels in die geskiedenis
beskou.
{Sien volledige
geskiedenis op Google onder die soek-woorde:
“Russia False Dimitri I”, “Russia
False Dimitri II, en “Russia False
Dimitri III”}
Die “Time of
Trouble” was ’n periode in die Russiese geskiedenis tussen die dood van die
laaste monarg uit die Rurik Dinastie, Feodor I, in 1598 en die optrede van die
eerste monarg uit die Romanov Dinastie in 1613, Michael Romanov I.
Toe Feodor in 1598 kinderloos sterf, is daar geen
opvolger vir die tsaar nie. Dit stort
die Russiese monargie in die katastrofale “Times of Trouble”.
Feodor, seun van Ivan IV en sy eerste vrou, Anastasia,
is in Moskou gebore en as tsaar gekroon in die “Assumption Cathedral” in die
Kremlin, Moskou. Hy was egter fisies en intellektueel
gestremd en het al sy amptelike pligte aan sy vrou se broer, Boris Godunov,
oorgedra. Boris was ’n betroubare
minister en volg Feodor later as tsaar op.
Hy was egter nie in die bloedlyn van die Ruriks nie.
In die jare 1601 tot 1603 tref ’n hongersnood Rusland
wat die land vêrder in onstabiliteit dompel.
Omdat daar nie behoorlik beheer in die land was nie, het van die
“peasants” van die plase af gedros en die boere sonder arbeiders gelaat. Ongeveer een-derde van die bevolking kom om;
dit is 2 miljoen mens. In hierdie tyd
word die land ook beset deur die Pools-Lithuanian-alliansie.
Die heersers in “Times of Trouble” is dan soos volg:
NAAM REGEER GEBORE STERF MANIER VAN
STERF
Irina (Disputed) 1598
– 1598 1603
Boris 1598
– 1605 1605
Theodor II 1605
– 1605 1605
False Dimitri I 1605
– 1606 1606 Geskiet
False Dimitri II 1606
– 1610 1610 Geskiet
False Dimitri III 1610
– 1613 1613 Tereggestel
DIE ROMANOV-DINASTIE
’n Groot
vergadering word gehou deur edeles, weermaghoofde, vooraanstaandes uit die
boereklas en priesters. Hulle is ’n
sogenaamde eerste Russiese parlement . Hulle
vind uit dat daar ’n vêraf familielid van Ivan IV se eerste vrou in ’n klooster
vêr van Moskou af grootword. Hulle laat
hom en sy moeder haal. Hy is Mikhail (in
Engels Michael) Romanov, 16 jaar oud.
Die Romanov’s
volg die Rurik’s op as monarge van Rusland.
Hulle was blykbaar aangetroude familie van die Rurik’s.
Die bekendste
name in hierdie dinastie is: Ivan, Peter,
Catherine, Alexander, Constantine,
Nicolas, ens. Hierdie monarge kan op Google nagespoor word
met die soekwoorde: “Early Russian
Leaders”, of enige aanverwant onderwerp.
NAAM REGEER GEBORE STERF MANIER VAN
STERF
Michael Romanov I 1613
– 1645 1596 1645
Alexis I 1645
– 1676 1629 1676
Feodor III 1676
– 1682 1661 1682
Boris (Regent) 1676
– 1682
Sophia (Regent) 1682
– 1689 1657 1704
Ivan V 1682
– 1689 1666 1696
Peter I (Peter the Great) 1682 – 1725 1672 1725 Siekte
Catherine I 1725
– 1727 1692 1727
Peter II 1727
– 1730 1730
Anna 1730
– 1740 1718 1740
Ivan VI (’n
Baba) 1740 – 1741 1740 1764 Mesdood, ontsnapping
Elizabeth 1741
– 1762 1709 1762
Peter III 1762
– 1762 1726 1762 Vermoor
Catherine, the Great II 1762 – 1796 1729 1796
Paul I 1796
– 1801 1754 1801
Alexander I 1801
– 1825 1777 1825 Sluipmoord
Constantine I 1825
– 1825 1831 Regeer 25 dae
Nicolas I 1825
– 1855 1796 1881 Sluipmoord
Alexander III 1881
– 1894 1845 1894
Nicolas II 1894
– 1917 1868 1917 Tereggestel
met gesin
deur
die Russiese SFSR,
die
Bolsheviks-Party
Michael II 1917
– 1917 1917 Regeer 1 dag
Vermoor,
ook deur
Bolsheviks-Party
{Sien Google onder soekwoorde: “House of Romanov”}
Geskiedenis van die Romanov-familie van Rusland 1613 – 1917
Die leiers uit
die Romanov-familie het vir meer as 300 jaar regeer van 1613 tot 1917. Die Romanovs was ’n familie uit die edele
klas wat terug gespoor kan word tot in die 14de eeu.
Die eerste
Romanov wat as volksleier aangewys is, was Michael
(Mikhal) Romanov van 1613 tot 1645. Hy
is deur die eerste Russiese parlement in die begin van die feodale stelsel as
leier aangewys. Hy was slegs 16 jaar
oud. Sy moeder het ernstig beswaar
gemaak dat so ’n geweldig verantwoordelike taak aan die seun opgelê word. Die landsleier het gesê dat die Here God hom
daarvoor sal toerus.
Michael was as
seun oorweldig deur die verkiesing. Hy
het nie daarvoor kans gesien nie, maar spoedig het die idee van verworwe mag
hom oorreed.
Michael regeer
van 1613 tot 1645 toe hy op 49 jaar ouderdom oorlede is.
Sy seun, Aleksey, is ook 16 jaar oud toe hy sy
vader moes opvolg in 1645. Hy regeer tot
1676.
Aleksey se seun,
Feodor, gebore 1661, volg hom in 1676
ook op 16 jaar ouderdom as volksleier op.
Hy was kreupel van geboorte af en het net 22 jaar oud geword. Sy vrou se broer, Boris Godunov, ageer in sy
plek.
By Feodor se
dood is die volgende persone in die kollig:
Feodor sy broer, Ivan, gebore 1666, en suster, Sophia gebore in 1657, sy
half-broer, Peter gebore 1672 en sy moeder.
By Feodor se
begrafnis in 1682, laat sy half-suster, Sophia, 25 jaar oud, ’n gerug die
rondte doen dat Feodor weens ’n familie-moord dood is. Soldate het onder aanvoering van Sophia op
die familie toegesak en talle van hulle uit die paleis gesleep en op die mees
wreedaardige wyse op die Rooiplein vermoor.
Peter en sy ma was ooggetuies hiervan en het deurgaans vir hul lewens
gevrees.
Waar die
intelligente Peter die aangewese troonopvolger is, eis Sophia nou dat die
oudste seun, Ivan, gekroon moet word. Ivan
was fisies en geestelik gestremd en kon beswaarlik alleen loop. As kompromie word besluit om Peter saam met
hom te kroon.
Feodor se broer,
Ivan Romanov, volg hom in1682 op,
maar omdat Ivan V nog so jonk en
onvolwasse was, gryp sy ouer suster, Sophia,
in en dring daarop aan om namens hom vanaf 1682 te regeer. Ivan wou ook nie die leier word nie, maar is
daartoe verplig en oorreed. As kompromie
word sy half-broer, Peter, wat 6
jaar jonger as hy is, saam met hom in 1682 in Moskou tot tsaars gekroon. ’n Spesiale troon met 2 sitplekke is vir die broers
gemaak.
Agter Peter se
sitplek, is in die troon ’n klein venstertjie ingebou waardeur Sophia vir Peter
kon voorsê wat hy moet sê!
Peter het in sy
op 13 jaar ouderdom eksperimente gedoen oor die breekkrag van hout. Hy het buite Moskou in die veld vir hom ’n
hout-fort gebou en met ’n speel-weermag van 300 seuns uit die adel-stand en andere die fort eksperimenteel
aangeval. Later het hy ’n regte kanon
ingespan en 24 seuns gedood! Hierdie speletjie
het die grondslag gevorm van die Russiese leër wat Peter later opgebou het.
Tsaar Peter I op 12 jaar-ouderdom gekroon
Sophia ageer toe
steeds namens Ivan en Peter. Sy sluit
selfs verdrae. Peter kon dit nie meer
hanteer nie. In 1689 skryf Peter op
17-jarige ouderdom ’n brief aan sy half-broer, Ivan, en sê dat dit tyd is dat
hulle die gesag wat deur God aan hulle verleen het, oorneem en hierdie
“skandalige persoon” uit die samelewing verwyder. Hulle laat sluit Sophia as ’n non in ’n
klooster toe tot haar dood in 1704.
Sophia 1657 – 1704
Peter bou ’n
leër op van 2 regimente. Hy self troon
as ’n man van 6 voet en 7 duim (2 Meter) bo almal uit. Sy persoonlikheid en temperament is
oorweldigend.
Ivan is in 1696
oorlede. Peter is toe 25 jaar oud. Peter regeer toe alleen tot en met sy dood in
1725.
Peter se eerste
huwelik in 1689 op 17 jarige ouderdom, was ’n huwelik wat deur sy moeder vir
hom gereël is en het spoedig op ’n egskeiding uitgeloop.
In 1724, ’n jaar
voor sy dood, trou Peter amptelik met Catherine (Ekaterina). Nie-amptelik was hy egter reeds sedert 1707
met haar getroud. Hulle het 9 kinders
gehad van wie net 2 in lewe volwassenheid bereik het. Hulle was Anna, gebore in 1708, en Elizabeth,
gebore in 1709.
Die geïsoleerde
Russiese bevolking oor die uitgestrekte landskap van Rusland het ’n baie
afgesonderde lewe gelei en was nog verstok in die Middeleeue.
Peter was ’n
baie energieke en intelligente jong man.
Hy het ’n oop gemoed vir nuwe dinge gehad. Hy het aanhou studeer en sy kennis ingespan
tot voordeel van die land, Rusland.
Peter het soos
baie ander voor hom daarna gestreef om toegang tot die oseane te verkry: Die Swart See, die Baltiese See en selfs die
Stille Oseaan. Rusland was op hierdie
stadium deur ander lande van die see afgesny:
In die noorde deur die Pole en in die suide deur die Ottomaanse Turke.
In 1695 ruk
Peter met sy leër suidwaarts op. Peter
is vooraan in die artillerie. Die Russe
dryf die onderspit. Die Russe ly swaar
lewensverliese. Peter besef dat hy ’n
vloot nodig het vir hierdie oorlog.
Peter begin om ’n skeepswerf te bou.
Hy werk saam met sy manne. Hy
saag hout en slaan spykers in.
In Mei 1696 ruk
Peter met sy bote op die Don-rivier suidwaarts op. Peter is op die voorste vlagskip met kanonne
weerskante gemonteer. Hy gee sy manne
opdrag om nie as tsaar aan te spreek nie, maar as kaptein.
Langs die bote
ruk die leër op. Peter oorweldig die
Ottomane gemaklik en verower land wat Rusland toegang tot die Swart See gee.
Maar Peter wil
meer hê. Hy soek die tegnologie van die
oorlogskepe van die Europa.
Peter I se reis na Europa
In 1697
onderneem Peter incognito ’n reis na Europa. Gee ander tsaar was ooit buite Rusland
nie. Hy breek hierdie tradisie. Hy reis onder die naam, Peter Mikhailov. 300 manne vergesel hom. Hulle is edelmanne, vakmanne, musikante en
bediendes.
Peter doen
homself as ’n gewone matroos voor. Sy
manne moes hom op die naam noem Hulle
noem hulself ’n Russiese afvaardiging of te wel “Grand Embassy”. Hulle stel hulself ook as studente op ’n
studie-reis voor. Hy bestudeer kuns,
metaalwerk, papier-vervaardiging. chirurgie, anatomie, tandheelkunde, ens. Van sy manne was baie huiwerig om deel te
neem aan die disseksie van lyke, wat in daardie tyd vir hulle ongekend
was. Hy het hulle toe verplig om ’n hap
uit ’n lyk te byt. Bo alles bestudeer hy
skeepsbouwerwe.
Hulle soek raad
by Europese monarge oor hoe om die Ottoman Sultan wat die noordkus van die
Swart See teister, af te weer. Peter vind
hierin baie gou bondgenote teen Ottoman.
Die Oostenrykers en Franse is hom behulpsaam.
In Nederland
gaan werk hulle in ’n skeepsbou-bedryf in Zaandam en in Amsterdam raak hy
bevriend met die hooggeplaasde De Wild-familie waar hy aan huis gaan.
Peter en sy geselskap besoek skeepsbouwerwe in
Nederland en Engeland
Hy weet ook dat
Engeland die beste vloot het en reis daarheen.
In Engeland ontmoet Peter die koning, William II, hy besoek Greenwich en
Oxford, asook die Engelse vloot. Hy
slaag daarin om ’n Britse boot op die Teems-rivier te bestuur. In Manchester
leer hy die Engelse industrieë ken, en die kuns om stedelike gebied te
ontwikkel. Hierdie kennis het hy veral
toegepas met die bou van die stad, St Petersburg.
Op die terugtog
reis hulle deur Duitsland en besoek Leipzig, Berlyn en Dresden.
Standbeeld van Peter I besig om incognito in ’n Duitse
skeepswerf te werk.
Peter se besoek
aan Europa word kortgeknip deur ’n rebellie wat in sy eie land sy aandag opeis.
As mens dink aan
die omvang van die reis en die primitiewe vervoer en nog die taalprobleme
oorkom, is dit verstommend dat hy soveel in 16 maande reggekry het. Dit is vir my ook verstommend dat hy met
soveel manskappe so beweeglik kon wees en telkens akkommodasie kon bekom.
Ek kon ook nie
vasstel of hy vir die hele reis incognito kon bly nie.
Geskiedenis van die Romanov-familie van Rusland 1613 – 1917 (Vervolg)
Toe Peter I,
terug is in sy land, val die kultuur-verskil met dié van Europa hom op. Sy eie
land lyk vir hom primitief en agterlik.
Die kerk het te veel mag na sy sin.
Hy droom van ’n gemoderniseerde staat in die kultuur van Europa.
Hy slaan ’n brug
tussen die kulture van Rusland en die res van Europa. Hy stel talle
hervorminge in. Hy doen weg met
baie van die tradisionele Russiese kleredrag en stel gemakliker Europese
kleredrag in. Mense se jasse is op
straat korter geknip. Mans is verplig om
hul baarde af te skeer. Die priester en
die “peasants” het nie hierby ingeval nie.
Hy teiken die
Russiese reaksie-mag van ’n groep musketeers wat soveel van sy familie vermoor
het. Peter I was egter ook vinnig van
humeur en wreed. Hy stel 1182 mense
tereg. Hy huiwer nie om self aan hierdie
teregstellings deel te neem nie.
Peter laat ook
fabrieke bou asook skeepsbouwerwe. Hy
besef die belangrikheid van skeepsvaart op die see. Daarom beveg hy aan die begin van die 17de
eeu die Swede om die kus van die Baltiese See by die mond van die Neva-rivier
te verwerf Die oorlog duur vir 20 jaar
en eis 1000-de lewens. Uiteindelik
oorwin Peter se leër en kon hy St Petersburg bou.
Gedurende die
oorlog begin Peter om in 1703 die fort op die Hare-eiland op die noordelike
oewer van die Neva rivier te laat bou.
Dit was die begin van die bou van die stad, Pedrograd, later genoem, St
Petersburg, wat later die noordelike hoofstad van die land geword het.
In 1721 word
Rusland verklaar as ’n Ryk, “Empire”. Peter
word self die “Emperor”. Rusland se
grondgebied beslaan een sesde van die grondgebied van die wêreld, vanaf Europa
deur Siberië tot aan die kus van die Stille Oseaan.
Weens
gesondheidsprobleme sterf Peter in 1725 op 55 jarige ouderdom.
Weens gebrek aan
’n natuurlike opvolger word Peter se weduwee, Catherine, in 1725 as opvolger aangewys. Dit was die eerste vrou wat Rusland as tsaar regeer
het en dit was die begin van die dominasie van vroue-leiers.
Catherine was
egter geen regeerder nie en het alle besluite aan haar adviseurs
oorgelaat. Ten einde raad is daar in
1726 ’n “Supreme Privy Council of Imperial Russia” ingestel.
Hierna verval
die regeringslinie m.i. in ’n ellende van onbenullige, onvolwasse en
onopgevoede regeerders. Hieroor kan op
Google gelees word “Russia the-romanovs”
As voorbeeld
hiervan die volgende: In 1740 sterf Anna onverwags. Sy het haar kleinnefie, ’n baba-seun, as
regent aangewys, maar nie besef dat sy so vroeg kan sterf nie. Voordat hy een jaar oud is, word hy as Tsaar Ivan VI gekroon! Amptelik was hy egter net vir 1 jaar die
tsaar. Toe hy groter word, is hy in ’n
tronk aangehou. Op 23 jarige ouderdom is
hy in ’n ontvlugtingspoging doodgesteek.
{Sien res van
die tsaar-geskiedenis op Google}
Nicolas II
Die laaste tsaar was Nicolas II 1894 tot 1917.
Nicolas is gebore 1868. In 1894 word hy tot tsaar gekroon totdat hy
op 15 Maart 1917 gedwing word om te abdikeer.
Dit was ongelukkig ’n tyd van ekonomiese en militêre agteruitgang in
Rusland.
Nicolas sy bynaam was “Nicholas the Bloody” weens verskeie aksies wat hy
moes neem, bv. anti-Semitiese aksies en die gewelddadige onderdrukking van die
revolusie van 1905. Hy het talle van sy
politieke opponente laat teregstel.
As hoof van die staat het hy in Augustus 1914
goedkeuring gegee dat die Russiese militêre magte by die Tweede Wêreld-Oorlog
betrokke raak, wat daartoe gelei het dat 3.3 miljoen Russe omgekom het.
Nicolas was juis op besoek aan die Russiese magte op
die oorlogsfront toe die revolusie in Februarie 1917 in St Petersburg begin
uitbreek. Nicolas bevind homself in ’n
baie moeilike posisie. Hy word gedwing
om te abdikeer en die Romanov-dinastie van 300 jaar tot ’n einde te bring.
Lenin laat Nicolas en sy hele gesin en huishouding in
hegtenis neem. Hulle word aangehou in
die Alexander Paleis en later in ’n huis in Yekaterinburg ander kant die Ural-gebergte,
m.a.w. in Siberië.
Volgens <Eyewitness to history.com> het die
wagte inderdaad geweerskote gehoor en gevrees vir ’n bevrydingsmag. Hulle het toe besluit dat die tsaar-familie
gedurende die nag uitgewis moet word
Lenin wou seker maak dat die Romanovs nie weer ’n
terugkeer maak nie. Hy wou ook ’n finale
einde aan die regering van die Romanovs maak.
Daar is verskeie weergawes van wat gebeur het. Volgens die DVD wat ons op die boot gesien
het, is die gesin vir ’n familie-foto bymekaargeroep word. Nadat die foto op 16 Julie 1917 geneem is, is
die hele gesin, Nicolas en sy vrou, hul seun en drie dogters, van agter ’n
gordyn doodgeskiet.
Nicolas II en sy
gesin
Die bevelvoerder van die teregstelling-kampanje het
egter volgens die Wikipedia Ensiklopedie die volgende verslag oor die gebeure
uitgereik:
Om 2:00 die oggend van 17 Julie 1918 is die hele
familie van Nicolas II wakker gemaak , beveel om aan te trek en vir hul
veiligheid na die kelderverdieping van die huis te gaan. Die familie se die huisdokter, Nicolas se
lyfbediende (“footman”), ’n huisbediende en die familie-kok is ook ingeroep.
Die bevelvoerder het aan die familie meegedeel dat die
owerheid besluit het om hulle tereg te stel.
Die vuurpeloton is ingeroep en die bevelvoerder het eerste op die tsaar
geskiet. Hy is verskeie kere deur die
bors geskiet. Daarna het die vuurpeloton
op die familie en meelopers losgebrand.
Die familie-lede het soveel juwele en diamante in die
some van hul klere ingewerk dat dit as skans vir sommige van die koeëls gedien
het. Daar is toe met bajonette op die
gesin losgetrek. Daarna is elkeen deur
die kop geskiet om seker te maak dat hulle dood is.
Die owerheid het aanvanklik bekend gemaak dat die
familie gedood is in ’n bevrydingspoging van anti-rewolusionêre magte wat hulle
probeer bevry het. Daar is later toegegee
dat dit die wil van die revolusie is dat die oud-tsaar weens veelvuldige
bloedige en gewelddadige aksies verwyder moes word.
Die moord is gepleeg en georkestreer deur die Russiese
SFSR, die Bolsheviks Party onder leiding van Lenin op die nag van 16/17 Julie
1917. Later is Nicolas deur die Russies
Ortodokse Kerk gekanoniseer as martelaar in navolging van Christus, gely en
gedood aan die hand van politieke vyande.
Later is ’n katedraal
in St Petersburg opgerig in herinnering aan hierdie tragiese gebeurtenis: “Cathedral of our Savior on the Spilled
Blood”
Church of our Savior on the Spilled Blood Gebou in
nagedagtenis aan die moord op Nicolas II en sy familie
Die eerste
vermelding van Moskou vind ons in 1147.
Toe was dit reeds ’n dorpie waar Yuri Dolgorukiy and Sviatoslav
Olgovich mekaar ontmoet het. Yury Dolgoruky fortifiseer
die dorp in 1156 met hout-heinings en ’n grag.
Tydens ’n
Mongoolse inval gedurende die eerste helfte van die 13de eeu, is die stad in
totaal afgebrand en feitlik alle bewoners gedood. Dit was ook die lotgevalle van die meeste
Russiese dorpe en stede. Die burgers van
die land is aan Mongoolse oorheersing onderwerp.
Te midde van die
Mongoolse oorheersing ontwikkel die stad tog in die 14de eeu weens sy ligging
tussen die groot riviere en die digte bosse.
Moskou het begin
met die bou van ’n fort, nl. die Kremlin in 1340. In
1480 is die Mongoolse juk afgeskud. Moskou
word die hoofstad van die tsaardom totdat Peter the Great die hoofstad in 1712 na
Petrograd, later St Petersburg, verskuif.
In 1918 skuif Lenin die hoofstad weer terug na Moskou. Dit bring ’n ongelooflike groei-periode in
die stad.
Op albei kante
van die Moskou-rivier is die stad ontwerp, gegrond op 5 konsentriese sirkels
rondom die Kremlin. Aanvanklik was die
sirkels gefortifiseerde mure maar nadat die stad in 1812 feitlik geheel en al afgebrand
het, het dit in paaie of strate ontwikkel.
Napoleon brand Moskou in 1812 af
In die beginjare
(1283-1547) is die stad die Grand Duchy genoem.
Die monarg, Daniel I gebruik die stad tot 1303 as sy hoofsetel. Moskou word ’n toevlugsoord vir baie
vlugtelinge.
In 1380 lei Prince Dmitry Donskoy van Moskou
die Russiese leër in sy stryd teen die Mongole.
Hy behaal heelwat oorwinnings.
Dit was egter eers honderd jaar later in 1480 dat Ivan III finaal die
Mongoolse juk afgeskud het. Die Tatar-heerskappy is gebreek en Moskou
word toe die onbetwisbare hoofstad.
Hoewel die Kremlin reeds in
1340 begin bou is, was dit Ivan III wat in 1480 argitekte uit die Renaissance uit
Italië laat kom het om die Kremlin te herstruktureer. Die mure van die Kremlin is in 1495
voltooi. In die tussentyd is daar tog
heelwat herstelwerk weens oorlogsbeskadiging aangerig. Die Tzar’s Bell Tower is gebou in 1505 tot
1508. In die jaar 1600 is die toring
hoër gebou.
In 1508 – 1516 is ’n Italiaanse
argitek verkry om ’n grag aan die oostekant van die Kremlin te bou. Die grag was 541 meter lank, tot 13 meter
diep en met leiklip uitgelê. In 1533 is
daar ’n muur langs die grag gebou.
Grag aan die oostekant van die Kremlin
In 1547 het 2 brande groot
dele van die stad verwoes en in 1571 val die Krim-Tartare die stad weer aan en
brand die hele stad, met uitsondering van die Kremlin, af. Net 30 000 van die 200 000 inwoners
oorleef. In 1591 val die Tartare weer
die stad aan maar hierdie keer word hulle deur nuwe verdedigingsmure gestuit.
In ’n hongersnood in 1601 –
1603 kom ongeveer 100 000 mense in Moskou om.
In die jare 1654-55 kom 80% van die bevolking om aan ’n pessiekte. En in 1626 en 1648 verwoes brande weer
houtstrukture in die stad.
In 1712 verskuif Peter the
Great die hoofstad na die nuwe St Petersburg aan die Baltiese See.
Peter the Great
In 1813 word ’n poging
aangewend om die stad te herbeplan en te verbeter. Talle nuwe geboue word opgerig soos die Grand
Kremlin Palace, die Kremlin
Armoury, die Moskou Universiteit en die Bolshoi Teater.
In 1918 verskuif Vladimir
Lenin die Russiese hoofstad weer van St Petersburg na Moskou. Dit het die stad ’n groot hupstoot gegee.
Moskou oorleef 2
wêreldoorloë.
In hierdie tyd ontwikkel
daar ’n groot behuisingsnood in die stad.
Onder die sosialistiese bestel is daar toe massas vooraf vervaardigde
huise in fabrieke gebou en in stapels opmekaar gesit. Die beginsel van sosialisme is dat die staat
vir sy mense sorg en dus ook behuising moet voorsien.
Op hierdie manier word die
woonstelle so ekonomies moontlik ontwerp.
Elke woonstel het 2 slaapkamers en 2 woonstelle deel gemeenskaplik ’n
badkamer en kombuis
In 1961 word die MKAD ringpad geopen . Dit het 4
bane in elke rigting en loop vir 109 km om die stad se buitenste grense. Die MKAD het in hierdie tyd die grense van die
stad aangedui. Sedert 1981 is die stad
buite hierdie ou grens uitgebou.
Bevolkingstal van Moskou
groei vanaf 1918 van 1 miljoen tot bykans12 miljoen tans.
NAPOLEONTIESE OORLOG
Op 24 Junie 1812 val
Napoleon Rusland in met 680 000 man.
Hy het seker gedink dit is ’n someruitstappie. Alexander I was toe die tsaar. Die Russe trek hom tegemoet en val kort-kort
aan en val weer terug. So vertraag hulle
die opmars. Met die terugval verwoes die
Russiese leër hul eie dorpe en landerye.
Franse trek in ’n verskroeide aarde op en ly aan voedsel-tekort. Die Franse kan nie glo dat die Russe dit aan
hul eie mense doen nie.
Toe Napoleon Moskou bereik
vind hy dat die hele stad ontruim is.
Daar is niemand om mee te onderhandel nie. Die swakkes en oumense wat wel in die stad
agtergebly het, het die voorrade van die winkels reeds geplunder en weinig vir
die Franse oorgelaat.
Napoleon maak van een van
die kerkgeboue, Church of the Coronation, waar die tsaars gekroon is, in die
Kremlin, sy perdestal. Hy probeer so vêr
moontlik om die stad af te brand. In die
Kremlin daar was blykbaar nie veel wat kon brand nie en het grootliks behou
gebly. Die brande wat daar wel voorkom,
was skynbaar ’n poging van die soldate om warm te word. Baie soldate het sommer in van die vakante
huise in die stad gaan bly.
Brand in die Kremlin onder leiding van Napoleon
Die Franse magte van
Napoleon het die stad en die Kremlin beset vanaf 2 September tot 11 October
1912. Toe Napoleon hom van Moskou onttrek, gee
hy bevel dat die hele Kremlin opgeblaas moet word. Die Kremlin Arsenal, verskeie dele van die
Kremlin-muur en verskeie torings is deur ontploffings en brande verwoes. Van die kerkgeboue in die Kremlin is ook
beskadig. Ontploffings het vir 3 dae geduur. Gelukkig het reën die vuur gedemp en van die
lont wou nie ontsteek nie. Die skade was
minder as wat Napoleon bedoel het. Herstelwerk
is gedurende die jare 1816 tot 1819 aangebring.
Napoleon brand Moskou af
Napoleon bly vir ’n maand
in Moskou en keer in ’n suid-westelike rigting terug. Sy leër is sonder algemene dissipline,
gedemoraliseerd, kry koud sonder winterklere en ly aan voedsel-gebrek. Die perde is in ’n baie swak toestand. Hulle word voortdurend deur die plaaslike
bevolking en die Kosakke aangeval. Franse soldate glip snags uit die kampe en
gaan soek kos. Die Russies bevolking en
die Kosakke val hulle aan en maai hulle af.
Napoleon en sy magte onttrek uit Rusland
Napoleon verlaat sy leër
voordat hulle uit Rusland kom, en reis vooruit na Frankryk. Op 14 Desember 1812 in die middel van die
winter gaan die leër met die oorblywende 27 000 man oor die grens van
Rusland. Kan dit wees dat die Franse
leër 653 000 man verloor het?
RUSSIESE REVOLUSIE
Die rampspoedige
maatskaplike toestande, die gewetenlose uitbuiting van die volk, die dikwels
dekadente adelstand, die uitspattige leefstyl van die tsaars, saam met die
christelike kerk se gebrek aan invloed, lei uiteindelik tot die Russiese revolusie.
Die revolusie het eintlik
’n 1905 begin maar is deur Nicolas II onderdruk.
In November 1914 het Duitse
troepe Rusland ingeval op pad na Moskou toe.
Die Russe het hulle ingewag en op die buitewyke van die stad afgeweer.
Die uitbreek van die
revolusie moet ook gesien word in die feit dat dit binne die bestek van die
Eerste Wêreld-Oorlog plaasvind.
Nicolas II het sy troepe
aan die gevegsfront gaan besoek. In sy
afwesigheid het die Bolshevik Party in Februarie 1917 ingegryp en beheer oor
die regering oorgeneem. Nicolas was toe in
Maart 1917 gedwing om te abdikeer en die 300 jaar van dinastie van die Romanovs
af te sluit.
Die rewolusie is eers in
die volgende jaar voltrek in die sogenaamde Oktober-revolusie. Lenin verenig die Russiese state in die
Sowjet Unie, die sogenaamde USSR.
Hierdie unie het in 1991 ná die val van kommunisme oorgegaan in die
Russiese Federasie.
Ná die Russiese Revolusie
in 1917 vrees Vladimir Lenin dat die hoofstad, St Petersburg aan die Baltiese
See, ’n slagoffer van buitelandse invalle mag wees. Hy verskuif die hoofstad dus terug na Moskou.
Moskou is nou weer die
hoofstad. Moskou is die stad met al die
gebeure en intriges wat daar plaasgevind het met die nuwe beleid van sosialisme
en kommunisme. Binne die mure van die
Kremlin word die strategie van die nuwe Russiese beleid uitgewerk. ’n Gordyn van geheimhouding word rondom die
regering getrek en die sogenaamde ystergordyn ontstaan.
GESKIEDENIS VAN DIE KOMMUNISTIESE TYDPERK
Om kommunisme te
verstaan moet ons eers kyk na een van die grootste wetenskaplikes wat die 19de
eeu opgelewer het:
Karl Marx
Karl Marx is
gebore in Duitsland in 1818 en sterf in 1883.
Hy was ’n filosoof, ekonoom, sosioloog, historikus, joernalis en
revolusionêre sosialis. Sy bekendste
boeke is: “The Communist Manifesto” en
“Das Kapital”.
Karel Marx
1818 – 1883
In 1842 werk hy
as joernalis by ’n koerant in Parys. In
1849 word hy verban en vlug hy na Engeland.
Marx se teorie
behels die beginsel dat die samelewing beheer word deur die stryd en spanning
tussen klasse. Daar is spanning tussen
diegene wat besit en die wat die werk moet doen. Die verskil tussen die twee sal altyd groter
word en so sal kapitalisme homself vernietig.
Hy stel ’n klaslose gemeenskap voor waarin almal vry assosiasie het. Marx beywer hom vir die implementering van
die stelsel en moedig werkers aan tot revolusionêre aksies om kapitalisme omvêr
te gooi en sosio-ekonomiese veranderinge aan die gemeenskap te bring.
Marx word beskryf
as een van die mees invloedrykste figure in die menslike geskiedenis. Talle leiersfigure het onder sy invloed
gekom. Een van hulle was Vladimir Lenin.
Vladimir Lenin
Vladimir Lenin is in 1870 in Rusland gebore en sterf in 1924 aan beroerte. Hy keer in April 1917 terug uit Duitsland waar
hy as revolusionêre balling geleef het.
Hy is begrawe langs die muur van die Kremlin waar daar tans vir hom ’n
praalgraf is.
Vladimir Lenin
Die Bolshevik Party gooi die provinsiale
goewerment omvêr en neem die regerings-geboue saam met die Winterpaleis in St
Petersburg in. So gebeur dit ook in
Moskou. Die Sowjet Unie word onder aanvuring
van Lenin gestig. ’n Stelsel van ’n
kommunisties-sosialistiese mark-sisteem word landsbeleid.
Lenin vuur die Russe aan tot revolusie
In 1924 sterf
Lenin aan beroerte en Joseph Stalin
volg hom op.
Joseph Stalin 1878 – 1953
Stalin is gebore
in 1879 in Georgia. Hy voer ’n stelsel
van kollektiewe landbou in. Boere in die
steek van die Don-rivier se graan word vir staatsgebruik opgeëis. Gevolglik sterf baie van die boere en burgers
van die omgewing van honger.
Sedert 1928 word
plase en industrieë genasionaliseer.
Boere wat in verset kom word eenvoudig doodgemaak, of na Siberië
gestuur.
Gedurende 1936
tot 1938 word ’n sameswering teen Stalin ontdek. Talle word ter dood veroordeel en andere tot
lang gevangenisstraf veroordeel.
In hierdie tyd
is daar blykbaar 4 belangrike poste in die Russiese politieke stelsel: Die President,
die Eerste Minister, die Eerste Sekretaris van die Kommunistiese
Party, en die Hoof aan die KGB. Hierdie 4 poste word so wisselend beklee deur
bekende hooggeplaastes in die Russiese politiek dat dit vir my moeilik is om
volledig boek te hou en van mekaar te onderskei.
Stalin sterf in
1953 en word langs Lenin begrawe. Hy
word opgevolg deur Georgi Molenkov
as Eerste Minister. Hy word in 1958
opgevolg deur Nikita Khrushchev. Hy is ook die Eerste Sekretaris van die Sentrale
Komitee van die Kommunistiese Party.
In 1964 word Khrushchev vervang as Eerste Sekretaris
van die Kommunistiese Party deur Leoned
Brezhnev. Aleksey Kosygin word die Eerste Minister. Leoned
Brezhnev is ook die hoof van die Politburo van 1964 tot sy dood in
1982. In 1977 is Brezhnev ook verkies tot President onder die nuwe grondwet.
In 1980 is Kosygin as Eerste Minister vervang deur
Nicolay Tikonov. Kosygin
sterf in dieselfde jaar.
In 1982 sterf Brezhnev en word vervang deur die
KGB-hoof, Yuri Andropov.
Andropov sterf in
1984 en word as President vervang deur Konstantin
Cherenkov. Cherenkov sterf net die volgende jaar en word opgevolg deur Mikhail Gorbachev, Algemene Sekretaris
van die Kommunistiese Party. Abdrey Gromyko word die President.
Gorbachev begin in 1985 met ’n anti-alkohol
veldtog. Hy promoveer die beginsel
van openheid; die sogenaamde Glasnost;
en ook die beginsel van herstrukturering, die sogenaamde Perestroika. Hierdie
prosesse behels ingrypende politieke en ekonomiese hervorminge.
In 1986 ontplof
die kernkragstasie by Chernobyl. Die gevolg die radio-aktiewe besmetting in
die Ukraine, Belarus en verder.
In 1987 teken Gorbachev ’n ooreenkoms met die VSA oor
die vernietiging van kernwapens. In 1991
tree hy uit.
In 1987 word Boris Yeltsin afgedank as hoof van die
Moskouse Party weens sy kritiek op die stadige beweging van die hervorming.
In 1988 vervang Gorbachev vir Gromyko as president van die Soviet-Unie. In ’n spesiale Konferensie van die
Kommunistiese Party word besluit om private sektor weer toe te laat.
In die Russiese
satelliet-state, Georgië, Lithuania begin die eerste tekens van openlike verset
teen die Kommunistiese oorheersing in 1989.
Gorbachev 1990 – 1991
In September
1991 stem die parlement vir die opheffing van die Soviet-Unie. In1991 bedank Gorbachev as president van die Soviet-Unie. Die onafhanklikheid van al die Soviet
satelliet-Republieke word erken.
In 1991 word Boris Yeltsin verkies as eerste president
van die Russiese Soviet Federale Sosialistiese Republiek. Hy verlaat die Soviet Kommunistiese Party. In 1991 verban Yeltsin die Kommunistiese
Party en neem sy bates in beslag.
Yeltsin erken ook die onafhanklikheid van die Baltiese Republieke. Ander state soos die Ukraïne kry ook hul
onafhanklikheid.
Boris Yeltsin 1991 - 1996
So eindig die
Kommunistiese era in Rusland
GESKIEDENIS NÁ KOMMUNISME
Sedert die vroeë
geskiedenis van Rusland is die land regeer deur ’n monargie. In 1533 verklaar Ivan IV die Land as ’n
Tsaardom. Die tsaardom word in 1918
vervang deur die Russian
Soviet Federative Socialist Republic. In 1922 word Rusland die kommunistiese Soviet Union (1922 tot
1991) en sedert 1991 verander die politieke stelsel na die “Russian Federation”.
Ná die
ontbinding van die Soviet Unie op 26 Desember 1991 het die Russiese Federasie ontstaan. Al die Russiese Republieke binne die
Soviet-Unie het hul onafhanklikheid gekry.
Rusland staan nou
voor die groot uitdaging om die land om te keer vanaf ’n kommunisties-sosialistiese
mark-sisteem, na ’n vryemark-ekonomie.
Dit sou die wêreld se grootste staatsbeheerde ommekeer in
markgeoriënteerde ekonomie wees. Die
beginsels wat hulle toepas is:
Liberaliseer, Stabiliseer en Privatiseer. Dit is genoem die “Skok-terapie.”
Hierdie ommekeer
in Rusland het ongelooflike eise aan die land gestel. Alle artikels word losgemaak van die
gereguleerde pryse. Pryse van goedere
dobber rond totdat dit ’n meer stabiele waarde aanneem.
Inflasie skiet
die hoogte in en daar bestaan groot tekort aan goedere. Mense was daaraan gewoond dat die sosialistiese
staat voorsien en nou moet hulle vir hulself sorg. Hulle moet hul eie salaris verdien, of ’n eie
winsgewende besigheid begin. Hulle weet
nie hoe om met geld te werk nie en is nie gemotiveerd in hul werk nie. Mense het hul lewe lank gewerk sonder om ’n
pensioen op te bou. Die Russiese
bevolking het ’n geweldige brug om oor te steek.
Produktiwiteit,
effektiwiteit en beplanning is dinge wat nie in die mense se koppe en
besigheidsingesteldheid bestaan het nie
Nog ’n probleem
is dat ongeveer 1 uit elke 5 mense in die wapenfabrieke gewerk om die Russies
Koue Oorlog te bemagtig. Nou moet
hierdie fabrieke omgeswaai word om in die normale industrie ’n plek in te
neem. Werkloosheid skiet hiermee die
hoogte in.
Die
sosialistiese maatskaplike sorg en pensioene stort nou ook in duie en talle
ouer mense en afgetredenes was afhanklik van staatspensioene wat nou nie meer
bestaan nie, of nou opnuut gevestig moet word.
Die gevolg van
al hierdie dinge is dat die Russiese ekonomie in die middel 90er jare in ’n
depressie verval. Mense se algemene
lewensverwagting daal met ongeveer 5 jaar.
Die algemene gesondheid van die mense verswak en talle siektes kom
algemeen voor.
Kommunisme het die land so arm agtergelaat dat die lewe vir baie mense aaklig
is. In Moldawië beteken die naam van die
dorp, Straseni, “vreeslik” of “angswekkend”.
Baie mense het nie geleer om met geld te werk en besigheid te doen nie. Hulle het ook nie aan pensioenfondse behoort
nie en ontvang nou slegs ’n karige staatspensioen.
Die meeste van
die bevolking het koepons ontvang vir publieke vervoer en om kos mee te
koop. Staatsbehuising is voorsien in die
vorm van 2 slaapkamer-woonstelle met gemeenskaplike kombuis en badkamer-geriewe
met die bure. Die beginsel is gebruik
dat alle mense dieselfde en almal dieselfde behandel word; behalwe sommige,
volgens George Orwell se teorie! Talle
nuwe woonstelblokke is in die tussentyd gebou en word steeds gebou om hierdie
stelsel te vervang. Min kan dit egter
bekostig. Sedert 1989 moes hulle hul
finansiële posisie van vooraf bou.
Woonstelle het
in die kommunistiese tyd nie oor nie oor motorhuise beskik nie en mense is
aangewese op massas motorhuise wat in die buitewyke van die stad gebou is. Hulle reis dan naweke per bus of moltrein
daarheen om die motor bv. vir die naweek te gebruik om na die platteland te ry. In die week gebruik hulle slegs publieke
vervoer.
Ná die val van
kommunisme en eventueel sosialisme, ontwaak daar ’n nuwe mark-ekonomie in
Rusland. Die ekonomie ontpop in handel ,
dienste, argitektuur en die leefstyl van die westerse wêreld.
Op die politieke front het dit ewe stormagtig daaraan toe gegaan. Ek haal aan uit die Wikipedia Encyclopedia
wat onder andere gevind kan word op Google onder die soekwoorde soos “Russia
after communism”.
“Yeltsin,
who represented a course of radical privatization, was opposed by the
parliament. Confronted with opposition to the presidential power of decree and
threatened with impeachment, he "dissolved" the parliament on
September 21, in contravention of the existing constitution, and ordered new
elections and a referendum on a new constitution. The parliament then declared
Yeltsin deposed and appointed Aleksandr
Rutskoy acting
president on September 22. Tensions built quickly, and matters came to a head
after street riots on October 2–October 3. On October 4, Yeltsin ordered
Special Forces and elite army units to storm the parliament building, the
"White House" as it is called. With tanks thrown against the
small-arms fire of the parliamentary defenders, the outcome was not in doubt.
Rutskoy, Ruslan Khasbulatov, and
the other parliamentary supporters surrendered and were immediately arrested
and jailed. The official count was 187 dead, 437 wounded (with several men
killed and wounded on the presidential side).”
Die oorgang van
kommunisme na ’n vrye-markstelsel het dus maar stormagtig verloop.
Daar ontstaan
verskeie politieke partye Ses partye
neem aan die eerste verkiesing in 1996 deel.
Die verkiesing word gehou op die styl van die verkiesings in die VSA. Yeltsin kry gedurende die verkiesingstryd ’n
ernstige hartaanval en moet hom van publieke verskynings onttrek. Nogtans wen hy albei rondtes van die
verkiesing en kry in die eindrondte ’n meerderheid van 54%.
Yeltsin het, in
die lig van sy verswakkende gesondheid, voorsien dat Poetin hom sal opvolg. Dit gebeur dan ook aan die einde van 1999
toteYeltsin bedank. Poetin wen inderdaad
ook die verkiesing 3 maande later.
Vladimir Poetin 2000 – 2008 en weer vanaf 2012
Die ekonomie het
sedert die eerste verkiesing in 1996 fenomenaal verbeter.
Poetin was die president
vanaf 2000 tot 2008. Hy word opgevolg in
deur Dmitry Medvedev in 2008 tot 2011.
Hierna word Poetin weer president tot op hede.
Die voortreflike
regeringstydperk van Poetin het ’n vreemde wending geneem toe hy in 2014 ’n
poging aanwend om Ukraïne weer by Rusland in te lyf.
Politieke
kommentators meen dat Rusland werklik in die geskiedenis terugkrabbel om van
die vrygeworde republieke weer terug te neem, om sodoende vir Rusland weer die
moondheid te maak wat dit was.
Rusland bly ’n
land vol misterie.